Sunday, March 29, 2009

Naan Brood

Bestanddele

·                       7 g aktiewe droë gis

·                       235 ml warm water

·                       50 g wit suiker

·                       45 ml melk

·                       1 geklitste eier

·                       10 g sout

·                       615 g brood meel

·                       6 g gekapte knoffel (Party resepte reken dis opsioneel. Hulle moet seker mal wees).

·                       55 g gesmelte botter

 

Metode

    1. Los die gis op in bietjie warm water in ‘n groot skottel. Laat staan dit vir so 10 minute totdat dit skuim. Roer die suiker, melk, eier, sout en genoeg meel vie ‘n sagte deeg in. Knie vir 6 – 8 minute op oppervlakte met meek bestrooi, tot die deeg mooi glad is. Plaas dit in ‘n bak met olie gesmeer, bedek met ‘n klam lap en sit dit eenkant om te rys. Na sowat ‘n uur behoor die deeg se volume verdubbel het en is dit reg.
    2. Slaan die deeg plat en knie die knoffel in. Knyp bietjies deeg omtrent so groot soos ‘n gholfbal af, rol in balletjies en plaas op ‘n skinkbord. Bedek dit weer met ‘n klam lap en lat rys tot dubbel hul grootte – so 30 minute.
    3. Verhit solank die oond baie warm so 230 grade met die grill aan.
    4. Roll die bal deeg plat in ‘n dun sirkel of enige vorm wat jy wil. Verf die bokant met die botter en plaas in die oond vir so 2-3 minute, of tot ligbruin. Verf die ander kant met botter en bak dit ook tot ligbruin. Bak al die balle so totdat die naan gereed is.

 

Genoeg vir 14 porsies.

No comments:

Post a Comment