Saturday, March 14, 2009

RAVIOLI GEVUL MET SPINASIE EN BLOUKAAS IN ‘N TAMATIE ROOMSOUS

Bestanddele

 Vir die Ravioli:

 400 g gesifte meelblom

4 eiers

 

Vir die ravioli se vulsel

 Spinasie. Genoeg om omtrent ‘n koppie vol te maak nadat dit gekook het.

1 of 2 Chillies

Omtrent so 80 g bloukaas.

 

Vir die tamatie roomsous.

 Omtrent so 8 tamaties

1 ui. (Ek verkies die Spaanse Rooi ui as jy dit kan kry)

1 eetlepel olyfolie

250 ml room

2 huisies knoffel

‘n knypie origanum

‘n Groot hand vol vars basilie blare.

Sout en peper

‘n Koppie witwyn.

 

So maak mens

 

Ravioli vulsel.

 

1.                  Snipper die spinasie en die chillies in die voedselverwerker. Dit moet nog grof wees. As jy ‘n sissie is, sny eers die chilli in die lengte en verwyder die pitte.

2.                  Kook met ‘n bietjie water en ‘n bietjie sout vir so 10 minute.

3.                  Gooi die oortollige water af.

4.                  Brokkel die bloukaas in en meng goed.

5.                  Sit eenkant.

 

Ravioli

 

‘n Mens het nie ‘n pasta masjien nodig nie maar dit help.

 

1.                  Plaas die meelblom en eiers in die menger en meng dit totdat ‘n taai deeg vorm. As jy nie ‘n menger het nie, plaas die meel in ‘n hopie op die tafel. Maak ‘n holte in die middel en breek die eiers daarin. Meng en knie dan die deeg totdat jy die tekstuur reg kry. Die growwigheid van die meel moet nie meer in die deeg wees nie dan is dit reg.

2.                  Draai die deeg to in kleefplastiek. Plaas in die yskas vir ten minste ‘n half uur. Ek verkies 2 ure of meer.

3.                  As jy ‘n pasta masjien het, rol nou die deeg uit tot op dunste stelling. As jy nie ‘n masjien het nie kry die koekroller en ghries jou elmboë. Rol die pasta uit tot so 1 mm dik. Probeer om net in een rigting te rol.

4.                   Sny dan vierkantige blokke so 5 cm X 5 cm. Plaas ‘n teelepel vol van die vulsel in die middel van die helfte van die blokke.

5.                  Vat ‘n kwassie en water en maak nou die ander blokkie versigtig bo-op. Pasop dat jy nie die vulsel platdruk nie. Seel nou die twee blokkies aanmekaar met jou vingers of jou handpalm as jy weet hie. Probeer om soveel lug as moontlik uit te druk.  Onthou deurgaans om meel oor die werkoppervlak te strooi. Dit sal keer dat die pasta nie vaskleef nie.

6.                  Plas jou voltooide ravioli blokkies in ‘n bak met meel bestrooi. As jy lae wil pak gebruik waspapier tussen die lae. En moenie skaam wees met die meel strooi nie.

 

Tamatie Roomsous

 

1.                  Plaas die tamaties in kookwater vir so halfminuut en plaas dadelik oor yswater. Haal dan die skil af.

2.                  Soteer die ui tot sag.

3.                  Kap die knoffel fyn en braai voeg by die uie.

4.                  Sny die tamaties by die uie.

5.                  Gooi ‘n koppie wyn by en kook tot dit ‘n vloeistof vorm.

6.                  Voeg die room by en sout en peper na smaak.

 

Gooi nou die hele spul in ‘n goot bak. Skep op en geniet!

No comments:

Post a Comment